Ek verlustig my
In die taalryke tong van my land
Tussen rol erre en klieks en grommende keelklanke
Die Romanse van die dansende kleintongetjie
Ek verlustig my
In die Kleurryke disse van my land
Van stapelvoedsel tot fynproewer amperse smake
Wat met tekstuur, kraakklanke en aromas
My sinne streel
Ek verlustig my
In die liefderyke mense van my Land
Wat saam teen samehorigheid uitvaar
En die Andserse bly aanbid
Ek verlustig my
In die glorieryke natuur van my Land
Waar God vir ons ‘n klaar legkaart gegee het
Met biljarde stukke
Wat ons een-een verbrand
en later sal moet vind.
Ek verlustig my
Ek verlustig my